NG KERK Edenvale

Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Woordverkondiging


Aan God se Woord moet ons gehoorsaam wees, al gaan dit lynreg teen ons menslike oortuigings en praktyke in. Geloofsgroei bestaan ook in die afbreek van dit wat sondig en verkeerd is in ons lewens, in die reguit maak van dit wat krom is. Daarom is daaglikse bekering so uiters noodsaaklik in ons lewens. Ons sou dwaas wees as ons die Bybel ligtelik opneem en maak soos ons wil. Ons sou dwaas wees as ons nie breek met ons sondige praktyke nie. Dan val die saad op die pad of die rotse of tussen die dorings. Ek sal wys wees as ek “die Woord van God met ’n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrugte dra” . Dan val die saad op die vrugbare akkers van my hart. Ek moet die Woord van God met my hart hoor!

So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.- Efesiërs 4:13

Facebook

Copyright © NG Kerk Edenvale 2012. All Rights Reserved.